Vol 11-14

NHSA Newsletter

VOL. 11 (14) - 18-08-2015

ADAPTED AND NEW HANDGUN POSTAL TARGET SHOOTING EXERCISES 

 (Afrikaanse teks volg na die Engelse teks)

Dear Member,

Over the past four weeks it has become a tendency at the SAPS Central Firearm Registry to deny new handgun licences for second handguns (sport-shooting firearms) in the same calibre.  Despite the fact that there is no stipulation in the FCA or in Regulations, which prohibits the ownership of even five 9mmP pistols if one is a dedicated Sports-Person.

We have therefore adapted our Handgun Postal Exercises to afford our members more opportunities to licence sport-shooting handguns in the same calibre but for clearly different postal target shooting exercises.

We have also added a new Service Handgun Postal Exercise, which is a challenging speed shooting exercise in the more popular calibres and preferably with MFJ ammunition – see here

Please ascertain that you from today’s date use the new Handgun Target, which is dated 18-08-2015 and that you tick the correct block for the handgun you use on it when you go and shoot handguns for NSA postals again.  Also ascertain that you still comply with all prescripts of each of the exercises (download the relevant Guide and Targets from the website here)

There are no changes in the existing Handgun exercises.  Only a class distinction was made between 22 Rimfire, Centre-fire medium-bore and Centre-fire large-bore handguns.  Box-guns and Mini-Box-guns use exactly the same target.

We also advise that members must please take time to do motivations decently when applying for a second handgun in the same calibre as one the member already owns.

Clearly indicate the existing handgun and its use – show it’s technical characteristics with a photo of it in the motivation – clearly indicate the exercise it is used for.  Then do the same with motivation for the second handgun.

Remember the people who evaluate your motivation do not always have intricate knowledge on calibres and different handgun makes – to them a 9mmP is a 9mmP.  They are even on record to equate a 22 Mag and a 22LR with a 22 Short.

A tendency has developed that members motivate licence applications with pages of copied

text from the Internet on a specific firearm make and on the calibre.  It is our contention that the use of the firearm by the applicant is much more important and needs to make up the bulk of the motivation (use the NSA postal exercises extensively and rather explain the exercise in depth).  We do, however, not prescribe to members how their motivations should be done – we can only advise.  See examples of motivations here:

Do not be cross with CFR if they deny your application while you have not done your paper work diligently and correct in all detail before you submit your application.  There are unfortunately no short cuts here !!

We once again reiterate the need for members to apply for endorsements to be submitted with each and every licence application they submit – be that for a new licence of for renewal of existing licences (apply for endorsements on your personal Natshoot web page please).

Regards

Herman Els

________________________________________

 

Gewaardeerde Lid,

 

Oor die afgelope vier weke het dit toenemend ‘n tendens by die Sentrale Vuurwapenregister geword om aansoeke vir lisensies vir handwapens van dieselfde kaliber as handwapens waaroor die aansoeker reeds beskik, van die hand te wys.  Dit ten spyte van die feit dat die WBV of Regulasies geen toegewyde sportskut verbied om selfs vyf 9mmP handwapens te besit as s/hy sou wou nie.

Ons het derhalwe ons Handwapen Posskietoefening aangepas om ons lede meer geleenthede te bied om vir dieselfde kaliber handwapens aansoek te doen deur hulle vir verskillende oefeninge aan te wend.

Ons het ook bykomend ‘n Dienshandwapen Posskietoefening tot ons bestaande oefeninge bygevoeg wat uitdagende spoedskiet verg en wat in die meer algemene handwapenkalibers afgehandel kan word met volmantel skerppuntammunisie.  Lees Hier

Maak asb seker dat u van vandag af die nuwe 18-08-2015 gedateerde handwapenteiken gebruik en die korrekte blokkie daarop tik wanneer u volgende keer weer gaan skiet   Maak asb ook seker dat u steeds aan alle voorskrifte van die betrokke skietoefening voldoen (laai die relevante Gids en teikens hier van die webwerf af)

Daar is geen verandering aan die bestaande handwapenoefeninge aangebring nie.  Slegs klasse verskille is gemaak tussen 22 Randslag, Medium-boor handwapens, en Grootboor handwapens.  Box-guns en Mini-Box-Guns gebruik steeds die bestaande Gids maar ook die aangepaste handwapenteiken wat 18-08-2015 gedateer is.

Ons beveel aan dat lede asseblief meer tyd en aandag moet bestee aan die formulering van motiverings vir aansoeke vir nuwe lisensies.  Veral as vir ‘n tweede vuurwapen in ‘n kaliber wat u reeds besit aansoek gedoen word.  Dui duidelik aan hoe die bestaande vuurwapens in die kaliber lyk, hoe dit opgestel is en waarvoor dit aangewend word – heg ‘n foto aan en verduidelik die tegniese eienskappe van die betrokke vuurwapen.  Dan doen u presies dieselfde vir die vuurwapen waarvoor u die nuwe aansoek indien.

Onthou die mense wat u aansoeke en motivering evalueer besit nie altyd detail kennis or vuurwapens nie – verduidelik dus breedvoerig in eenvoudige taal.  Hulle is op rekord om ‘n 22 Mag en ‘n 22LR gelyk te stel aan ‘n 22 Kort.

‘n Tendens het oor die afgelope tyd ook ontstaan waar applikante elle lange bladsye teks van die Internet af trek oor die maak van die vuurwapen en die kaliber en dit in motiverings insluit.  In ons oordeel is die aanwending van die vuurwapens deur die aansoeker van baie groter belang en derhalwe beveel ons aan dat lede ekstensief die NSA se verskillende posskietoefeninge gebruik om te verduidelik wat die onderskeid tussen oefeninge is waarvoor hulle die betrokke sportskietvuurwapen gaan aanwend.  Ons kan nie voorskriftelik wees oor hoe lede se motiverings moet lyk nie, ons kan slegs adviseer.  Sien voorbeelde van motiverings hier op die Natshoot webwerf

Ons beklemtoon weer eens die noodsaak van endossemente vir alle vuurwapenlisensie-aansoeke – of dit nuwe aansoeke is en of dit hernuwings is maak nie saak nie (doen aansoek vir u endossemente op u persoonlike Natshoot webblad asb).

Groetnis

Herman Els