Newsletters

Can Regulations Issued under Lockdown lead to Disarmament of Citizens ?

NHSA NEWSLETTER

VOL. 16 (14) - 23-04-2020

 CAN REGULATIONS ISSUED UNDER LOCKDOWN LEAD TO DISARMAMENT OF CITIZENS ?

Dear Member,

We have had an enquiry related to this Newsletter's topic from a member.

Below we quote the Email-string and the advice of our legal representative, Mr Juan Kotzé on the issue:

-------------------------------------

From: "Juan Kotze" <[email protected]>
Subject: RE: Potential new laws and how it could affect us legal owners?
Date: 23 April 2020 at 09:09:12 SAST
To: "'Herman Els'" <[email protected]>, "'NHSA AB'" <[email protected]> xxxxxxxx

Hallo Xxxxxxx,
 
1. Dr Els het jou navraag aan my deurgestuur vir verdere toeligting uit ‘n regsoogpunt. Ek beplan nie om ‘n verhandeling te skryf nie, maar net kortliks ‘n aanduiding te gee,
 
2. Ek het ongelukkig nie die drie voorbeelde gesien nie en antwoord gevolglik die vraag of die Staat tydens ‘n noodtoestand  persone se regte om vuurwapens te besit, mag beëindig of beperk.
 
3. Die algemene beginsel is dat indien iemand ‘n vuurwapen lisensie kry, het hy die reg om daardie vuurwapen te besit onderhewig aan die bepaings van die Wet op die Beheer van Vuurwapens (die Wet) asook die ander Wette van die Republiek.
 
4. Art 28 (1) (d) van die Wet bepaal dat die Registrateur ‘n vuurwapen lisensie mag kanselleer.
 
5. Art 28 (2)  bepaal dat dit  net gebeur indien:
a. die houer van die lisensie nie  meer kwalifiseer om die vuurwapen te besit nie; of
b. indien hy versuim het om aan enige bepaling in die Wet te voldoen of versuim het om aan ‘n voorwaarde van die lisensie te voldoen.
 
6. Daar is gevolglik in die Wet baie beperkte gronde waarop ‘n vuurwapenlisensie gekanselleer kan word.
 
7. Art 28 (3)  bepaal verder dat indien die registrateur ‘n lisensie wil kanselleer, moet hy aan die die lisensiehouer 30 dae kennis gee van sy voorneme en die lisensiehouer kry dan geleentheid om vertoë te rig daarteen.
 
8. Dit is gevolglik in die gewone loop van sake glad  nie maklik om iemand se lisensie te kanselleer nie.
 
9. Die vraag is nou wat die regsposisie is indien daar ‘n noodtoestand verklaar word?
 
10. Art 37 (1)  van die Grondwet van Suid Afrika bepaal dat ‘n noodtoestand net verklaar kan word:
a. indien die voortbestaan van die nasie deur oorlog, ‘n inval, algemene oproer, wanorde , natuurramp of ‘n ander openbare noodgeval bedreig word; en
b. die verklaring nodig is om die vrede en orde te herstel
 
11. Art 37 (3) van die Grondwet bepaal  dat die howe steeds kan beslis oor die geldigheid van die noodtoestand of stappe wat gedoen is as gevolg van die noodtoestand.
 
12. Art 36 bepaal ook dat indien regte ingeperk word, moet dit redelik en regverdigbaar wees.
 
13. Dit is gevolglik  teoreties moontlik om in geval van ‘n noodtoestand ‘n persoon se vuurwapenbesit regte in te perk, maar daar moet ‘n baie goeie rede daarvoor betaan.
 
12. Soos ons almal tans met die inperkingsregulasies ervaar is dit duidelik dat die beperkende effek van noodregulasies nie onderskat moet word nie.
 
13. Art 27 van die Grondwet bepaal bv dat elkeen die reg op vryheid van beweging het. Hierdie reg is deur die huidige inperkingsregulasies ingeperk op grond van die bedreiging wat die verspreiding van die Covit 19 Virus vir die gemeenskap inhou. Dis gevolglik duidelik dat regte ( selfs soos vuurwapenbesit) nie absoluut is nie.
 
14. Art 11 van die Grondwet bepaal ook dat elkeen die reg op die lewe het. Indien u ‘n vuurwapen benodig vir selfverdediging om jou lewe te beskerm, kan dit nie maklik ingeperk word nie.
Aanvaar maar dat dit nie net vir vat is nie.
 
15. U troos is dat daar verenigings soos Natshoot is, wat sal sorg dat hul lede se regte nie onbillik aangetas word nie.
 
Groetnis.
 
Juan Kotze
  
-------------------------------------
From: Herman Els <[email protected]>

Sent: Wednesday, 22 April 2020 20:36?

To: Xxxxxx; NHSA AB <[email protected]>

Cc: AA Juan Kotze <[email protected]>

Subject: Fwd: Potential new laws and how it could affect us legal owners?
 
Xxxxx,
 
Persoonlik kan ek nie uit die drie verwysings sien dat die staat of plaaslike regering mense se vuurwapens sommer voor die voet sal kan konfiskeer nie. 
 
Persoonlik dink ek ook dat daar nie voldoende “toesig” reg deur die land is om te probeer verhoed dat mense die afsluitingbepalings nakom nie 
 
Maar kom vra ons regsverteenwoordiger, Mr Juan Kotze om vir ons jou vrae vanuit ’n regsoogpunt te beantwoord
 
 
Groetnis
-----
Dr Herman Els
Uitvoerende Voorsitter:  NATSHOOT (NHSA) 

-------------------------------------
 
Begin forwarded message:
 
From: XXxxxx
Subject: Potential new laws and how it could affect us legal owners?
Date: 22 April 2020 at 20:05:30 SAST
To: [email protected]
 
To whom it may concern,
 
Kan julle my gou sê of hierdie nou n legal loophole word vir die staat om legally armed citizens te disarm nou?
 
https://businesstech.co.za/news/property/391805/cape-town-to-make-changes-to-its-nuisance-by-laws-allowing-search-and-seizures-and-impounding-without-a-warrant/
 
Net nadat hulle nog ekstra 75 000 soldate wil uit stuur, klink vir my soos hulle in somige state in amerika probeer maak het waar mense onder inperking dit nie kon teenstaan voordat die wet ingestem was nie? 
 
Julle terugvoering op hierdie asb? Miskien ook net ander members inlig wat so iets sou wou teenstaan voordat dit sou ingestem word? 
 

                           LARGER TEXT